Omgekeerde dobbelaar se dwaling

Die omgekeerder dobbellaar se dwaling, so benoem deur die filosoof Ian Hacking, is 'n dwaling van die Bayes-inferensie, wat 'n omgekeerde weergawe van die beter bekende dobbelaar se dwaling is. Dit is die verkeerde geloof dat 'n onwaarskynlike uitkoms van 'n ewekansige proses aan dui dat die proses waarskynlik baie keer vantevore plaasgevind het. Byvoorbeeld, as 'n mens sien dat 'n paar dobbelstene gerol word en twee sesse opdaag, is dit verkeerd om te veronderstel dat die dobbelsteen al vele kere gerol is.

Ons kan dit sien uit die Bayes-opdateringsreël: laat A die onwaarskynlike uitkoms van die ewekansige proses aan dui en M die stelling dat die proses al vele kere voorheen plaasgevind het, en dus het ons

en aangesien P ( A | M ) = P ( A ) (die uitkoms van die proses word nie deur vorige voorvalle beïnvloed nie), volg dit dat P ( M | A ) = P ( M ); dit wil sê dat ons vertroue in M onveranderd moet wees wanneer ons van A leer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy